|
Description: |
Jac Conradie se intreerede as professor aan die Universiteit van Johannesburg het as titel “Die tand van die tyd” gehad. In daardie besonderse lesing het Jac sy kennis van die diachroniese en sinchroniese taalkunde op flambojante wyse uitgestal. Daarom het ons dit goedgedink om die welluidende titel van daardie merkwaardige lesing, wat op 'n manier rekenskap gegee het van 'n loopbaan se navorsing, ook as titel vir hierdie bundel te neem.
Die bydraes in hierdie bundel weerspieël iets van Jac se veelsydigheid en van sy impak op die akademie. Bydraes uit Europa, Noord-Amerika en Afrika deur taalkundiges, letterkundiges en historici getuig van die respek wat Jac oor ’n wye akademiese front afdwing. As die huldiging van ’n loopbaan, van ’n wetenskaplike, maar ook van ’n wellewende mens, kan hierdie bundel nie genoegsaam wees nie, maar dit is ’n aanduiding van die waardering en hoë agting wat akademici van oor die wêreld vir Jac het. |