home
search
  Products

Van Kaspaas tot Kaas: Die lewe en werk van TO Honiball (ISBN 1-919980-53-9)

Van Kaspaas tot Kaas: Die lewe en werk van T O Honiball is die hoogtepunt van jare se navorsing oor die spotprent- en strokieskunstenaar Thomas Osche Honiball (1905-1990) se skeppingswerk.

Francois Verster het sy doktorale proefskrif (D.Phil. Kultuurgeskiedenis, Universiteit Stellenbosch, 2003) verwerk vir diegene waarvoor Honiball sy stories en karakters in die eerste plek geskep het, naamlik die Afrikaanse publiek - Jakkals en Wolf vir die jong lesers van Die Jongspan en Adoons-hulle vir die volwasse lesers van Die Huisgenoot, terwyl Oom Kaspaas wat in 1939 Die Burger begin het deur oud en jonk geniet kon word. Verster beskryf Honiball se herkoms, ontwikkeling as pikturale humoris, sy kunstenaarspersoonlikheid en die besondere wisselwerking wat tussen hom en sy leserspubliek plaasgevind het.

Besondere klem word gelę op die kulturele inhoud van sy werk, aangesien Honiball en sy skeppings essensieel Afrikaans is - Afrikaanse humor deur 'n Afrikaner vir Afrikaanssprekendes.

Lees meer oor die outeur by: www.StellenboschWriters.comwww.StelleboschArtists.com en http://uk.geocities.com/fp_verster

Uittreksel: Van Kaspaas tot Kaas uittreksel.pdf

Formaat: 210 x 235, 115 pp.

Hierdie produk is ook beskikbaar in PDF-formaat.

Resensies:

Honiball Village life article.pdf
Honiball 100 Burger.pdf

Ander Honiball produkte:

Honiball 100 CD-ROM

T O Honiball: Culture with a Smile

Ander Taal en Literatuur titels

Ander Populęre en Algemene titels

 
  R140.00 
  basket
  help

Company Info
About the Shop
Oor die winkel
Contact Us
Skakel met Ons
Privacy
Privaatheidsbeleid
Returns Policy
Terugsendingsbeleid
Security
Sekuriteit
Shipping
Versending