Van Kaspaas tot Kaas: Die lewe en werk van T O Honiball PDF (ISBN 1-919980-80-6 PDF)
Van Kaspaas tot Kaas: Die lewe en werk van T O Honiball is die hoogtepunt van jare se navorsing oor van die spotprent- en strokieskunstenaar Thomas Osche Honiball (1905-1990) se skeppingswerk.
Francois Verster het sy doktorale proefskrif (D.Phil. Kultuurgeskiedenis, Universiteit van Stellenbosch, 2003) verwerk vir diegene waarvoor Honiball sy stories en karakters in die eerste plek geskep het, naamlik die Afrikaanse publiek - Jakkals en Wolf vir die jong lesers van Die Jongspan en Adoons-hulle vir die volwasse lesers van Die Huisgenoot, terwyl Oom Kaspaas wat in 1939 Die Burger begin het, deur oud en jonk geniet kon word. Verster beskryf Honiball se herkoms, ontwikkeling as pikturale humoris, sy kunstenaarspersoonlikheid en die besondere wisselwerking wat tussen hom en sy leserspubliek plaasgevind het.
Besondere klem word gelê op die kulturele inhoud van sy werk, aangesien Honiball en sy skeppings essensieel Afrikaans is - Afrikaanse humor deur 'n Afrikaner vir Afrikaanssprekendes.
Lees meer oor die outeur by: www.StellenboschWriters.com, www.StelleboschArtists.com en http://uk.geocities.com/fp_verster
Uittreksel: Van Kaspaas tot Kaas uittreksel.pdf
Formaat: Aflaaibare, nie-drukbare PDF.
Hierdie produk is ook beskikbaar in druk formaat.
Ander Honiball produkte:
Honiball 100 CD-ROM
T O Honiball: Culture with a Smile
Ander Taal en Literatuur produkte
Ander Populêre produkte
|